Capitec Bank is 'n Suid-Afrikaanse handelsbank wat gestig is in Stellenbosch, Wes-Kaap en wat se hoofkantoor nog steeds gebasseer is in Stellenbosch, met addisionele operasionele takke in Bellville en Johannesburg. Dit is een van die plaaslikbeheerde banke wat deur die Reserwebank, wat Suid-Afrikaanse banke reguleer, gelisensieer is. Dit het tot stand gekom op 1 Maart 2001 en is op 18 Februarie 2002 op die JSE gelys. Capitec is deur Jannie Mouton, Michiel le Roux en Riaan Stassen gestig. Capitec het vier grondbeginsels: Eenvoud, waarde vir geld, toegangklikheid en kliëntervaring.
Developed by StudentB